Rakende Dr. Annalize Green
HPCSA PS 0051535
PR Nr. 8632766
BA, HOD, BEd (Psych), MEd (Psych), DEd (Psych)
Dr. Annalize Green is gebore, matrikuleer en studeer in Pretoria.
Annalize Green is 'n geregistreerde Opvoedkundige Sielkundige by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (PS 0051535) sedert 1999 en is sedert 2000 in 'n voltydse privaatpraktyk (Pr. Nr. : 8632766). Sy is ook betrokke by skole op 'n sessievlak waar sy met kinders werk wat gedragsprobleme, emosionele probleme en leerprobleme ervaar.
Sy is die stigter van ‘n multi-dissiplinêre terapiesentrum in die noorde van Pretoria. Sedert 2003 staan sy aan die hoof van hierdie terapiesentrum waar kinders, volwassenes en gesinne hulp ontvang. Haar praktyk is toegerus met speelkamers en ‘n sandterapiekamer waar spelterapie een van die vele terapeutiese vorme is wat sy in haar praktyk gebruik om terapeutiese uitkomste te bereik.
Sy bied ook lesings aan vir privaat instansies en tree op as dosent in afstandsonderrig vir die Universiteit van Pretoria. Sy was al medeskrywer van etlike publikasies en mentor beraders en interne Opvoedkundige Sielkundiges in die praktyk. Sy is ook ‘n geregistreerde Imago terapeut en Imago werkswinkel aanbieder.
Hulpverlening aan kinders, gesinne en ook ouerleiding binne die raamwerk van haar spesialiseringsveld in die Sielkunde is en bly vir haar ‘n passie.
Dr. Annalize Green is tweetalig en lewer dienste in Afrikaans en Engels.
Dr. Green lewer die volgende dienste
‘n Opvoedkundige Sielkundige help met:
- Emosionele uitdagings en gedragsprobleme
- Skolastiese uitdagings en leerprobleme
- Afleibaarheid, Swak konsentrasie, Hiperaktiwiteit en Impulsiewe gedrag
- Intelligensiemetings
- Studieleiding en -metodes
- Skoolgereedheid en skoolplasings
- Vakkeuse en beroepsleiding
- Spelterapie
- Terapie/terapeutiese ondersteuning
- Ouerleiding
- Gesinsterapie
- Trauma terapie en egskeidingsondersteuning
- Routerapie na afsterwe van ‘n familielid of maat
- Boelie
- Angs en fobies
- Bednatmaak
- Dissipline
- Gesondheidsielkunde
- Persoonlike leer, Ontwikkelingsleiding en Ondersteuning
- Opvoedkundige-sielkundige aanbiedings
- Uitdagings in verhoudings
- Tele-sielkunde

