Welkom by die Praktyk van

Dr. Annalize Green

Opvoedkundige Sielkundige

HPCSA PS 0051535
PR Nr. 8632766
BA, HOD, BEd (Psych), MEd (Psych), DEd (Psych)

Algemene vrae

Hoe maak ek 'n afspraak?

Vul 'n kontakvorm op die webtuiste in en ons kom so gou as moontlik terug na u toe met u afspraakbesonderhede of kontak ons direk via telefoon of e-pos.

Druk hier om 'n afspraak te maak.

Eerste konsultasie?

Skeduleer ‘n afspraak vir 60 minute met Dr. Annalize Green.

Hoeveel sessies word benodig?

Meestal, voordat ‘n assessering geskied, word die ouer(s)/voog(de) gesien vir ‘n invoergesprek om alle relevante inligting in te samel waar besluit sal word hoeveel tyd vir die assessering, terugvoer ens. nodig sal wees.

Hoe werk die proses?

Dit is hoe die proses in die algemeen verloop:

  • 1 Uur invoergesprek met die ouers/voogde
  • 2-4 Ure vir assessering (2 ure vir slegs skolastiese assessering, 2 ure vir slegs emosionele assessering of 4-6 ure vir beide skolastiese- en emosionele assessering). Soms is meer tyd nodig.
  • 1 Uur terugvoersessie
  • Terapeutiese fase
    • Terapie en/of
    • Ouerleiding en/of
    • Gesinsterapie
Hoe gereeld sal ek die sielkundige besoek?

Oor die algemeen sal daar een kontaksessie per week plaasvind, uitsluitend assesserings.

Hoe werk vertroulikheid in die praktyk?

1. Ek, Dr. Annalize Green, sal sulke inligting nie sonder u toestemming bekend maak nie (behoudens wat in paragraaf 2 hieronder gesê word).

2. Sekere uitsonderlike situasies of professionele reëls kan my egter dwing om inligting oor u en / of, in die geval van 'n kind-kliënt, u kind bekend te maak. Dit sluit in:

a. Noodsituasies
Indien daar 'n werklike risiko bestaan dat u, uself beseer, of dat u kind homself/haarself beseer; en/of een van u aan myself of enige ander persoon skade verrig of kan verrig, sal ek genoodsaak wees om die nodige stappe te neem om sodanige skade te voorkom.

b. Statutêre plig
'n Bepaling in 'n wet kan my verplig om vertroulike inligting oor u en/of u kind bekend te maak.

c. Hofbevel
'n Hof kan my beveel om vertroulike inligting rakende u en/of u kind bekend te maak. Volgens my professionele kode sal ek egter poog om alles in my vermoë te doen om dit te voorkom.

3. Wat kinders onder die ouderdom van 18 (agtien) jaar betref:
Ek sal, indien dit van toepassing is, die ouer/voog op ‘n gereelde basis inlig oor die terapeutiese proses en vordering van die kliënt. As 'n algemene reël sal geen inligting aan 'n ouer/voog oor die inhoud van 'n sessie gegee word sonder die toestemming van die betrokke kind-kliënt nie. Die kind-kliënt het die reg op privaatheid en as gevolg van die terapeutiese vertrouensverhouding sal dit nie vir my moontlik wees om die besonderhede van 'n terapeutiese proses met die ouer/voog te deel nie, alhoewel ek u op hoogte sal hou van die terapeutiese vordering, waar toepaslik. In sekere gevalle is ek verplig om inligting bekend te maak as dit blyk dat die betrokke kind hom- of haarself skuldig maak aan kriminele gedrag, of dreig met of betrokke is by gedrag wat ek as gevaarlik of potensieel skadelik beskou.

4. Mediese fondse benodig 'n diagnose voordat hulle 'n sielkundige se rekening sal betaal. 'n Diagnose-kode rakende die intervensies sal dus aan u mediese fonds bekend gemaak word. Sou u weier dat ek die nodige inligting aan u fonds verskaf, kan dit daartoe lei dat die fonds weier om die rekening namens u te betaal. U word dus versoek om my in kennis te stel van u weiering in hierdie verband voordat die diens gelewer word en/of die eis gemaak word.

5. Mediese rekords word in harde kopie (klientlêer) en in elektroniese formaat op my persoonlike rekenaar gehou.

6. Die ontvangsdame sal u naam, kontakbesonderhede, ID-nommer en mediese fonds inligting ontvang om 'n lêer vir u kind te open, afsprake te bestuur en die rekening te hanteer. Dit kan gedoen word met behulp van Gmail (Google LLC / Alphabet Inc.)

Wat is die fooie en hoe betaal ek?

Dr. Annalize se praktyk is geregistreer by die Board of Healthcare Funders (BHF) en aanvaar mediese fondsbetalings. Sessies word teen mediese fondsstariewe gehef, en alle rekeninge word deur die praktyk van Dr. Annalize Green hanteer.

As u nie lid is van 'n mediese fonds nie, moet die konsultasies op die dag van die konsultasie kontant betaal word. Privaat fooie beloop R1 300 vir 50-60 minute voor die lewering van dienste. As u probleme ondervind met die vereffening van die rekening, is dit u verantwoordelikheid om alternatiewe reëlings met hierdie praktyk te tref voordat die dienste gelewer word.

'n Finansiële kontrak sal aan u gestuur word wanneer u 'n afspraak maak.

Kansellasie beleid?

Afsprake wat u nie kan nakom nie, moet minstens 24 uur voor die aanvang van die konsultasie gekanselleer word. Uitsonderings sal slegs in uiterste gevalle of noodgevalle gemaak word. Mediese fondse betaal nie vir 'n afspraak wat nie nagekom word nie, met die gevolg dat die persoon wat aangedui is as verantwoordelik vir die rekening, persoonlik daarvoor aanspreeklik gehou sal word.

Hoe maak ek 'n afspraak?

Vul 'n kontakvorm op die webtuiste in en ons kom so gou as moontlik terug na u toe met u afspraakbesonderhede of kontak ons direk via telefoon of e-pos.

Druk hier om 'n afspraak te maak.

Eerste konsultasie?

Skeduleer ‘n afspraak vir 60 minute met Dr Annalize Green.

Hoeveel sessies word benodig?

Meestal, voordat ‘n assessering geskied, word die ouer(s)/voog(de) gesien vir ‘n invoergesprek om alle relevante inligting in te samel waar besluit sal word hoeveel tyd vir die assessering, terugvoer ens. nodig sal wees.

Hoe werk die proses?

Dit is hoe die proses in die algemeen verloop:

  • 1 Uur invoergesprek met die ouers/voogde
  • 2-4 Ure vir assessering (2 ure vir slegs skolastiese assessering, 2 ure vir slegs emosionele assessering of 4-6 ure vir beide skolastiese- en emosionele assessering). Soms is meer tyd nodig.
  • 1 Uur terugvoersessie
  • Terapeutiese fase
    • Terapie en/of
    • Ouerleiding en/of
    • Gesinsterapie
Hoe gereeld sal ek die sielkundige besoek?

Oor die algemeen sal daar een kontaksessie per week plaasvind, uitsluitend assesserings.

Hoe werk vertroulikheid in die praktyk?

Ek, Dr Annalize Green, sal al die inligting wat ek oor u en/of, in die geval van 'n kind-kliënt, die kind as vertroulik beskou. Ek sal geen inligting sonder u toestemming bekend maak nie (onderhewig aan wat in paragraaf 2 hieronder gesê word).

2. Sekere uitsonderlike situasies of professionele reëls kan my egter dwing om inligting oor u en / of, in die geval van 'n kind-kliënt, u kind bekend te maak. Dit sluit in:

a. Noodsituasies
Indien daar 'n werklike risiko bestaan dat u, uself beseer, of dat u kind homself/haarself beseer; en/of een van u aan myself of enige ander persoon skade verrig of kan verrig, sal ek genoodsaak wees om die nodige stappe te neem om sodanige skade te voorkom.

b. Statutêre plig
'n Bepaling in 'n wet kan my verplig om vertroulike inligting oor u en/of u kind bekend te maak.

c. Hofbevel
'n Hof kan my beveel om vertroulike inligting rakende u en/of u kind bekend te maak. Volgens my professionele kode sal ek egter poog om alles in my vermoë te doen om dit te voorkom.

3. Wat kinders onder die ouderdom van 18 (agtien) jaar betref:
Ek sal, indien dit van toepassing is, die ouer/voog op ‘n gereelde basis inlig oor die terapeutiese proses en vordering van die kliënt. As 'n algemene reël sal geen inligting aan 'n ouer/voog oor die inhoud van 'n sessie gegee word sonder die toestemming van die betrokke kind-kliënt nie. Die kind-kliënt het die reg op privaatheid en as gevolg van die terapeutiese vertrouensverhouding sal dit nie vir my moontlik wees om die besonderhede van 'n terapeutiese proses met die ouer/voog te deel nie, alhoewel ek u op hoogte sal hou van die terapeutiese vordering, waar toepaslik. In sekere gevalle is ek verplig om inligting bekend te maak as dit blyk dat die betrokke kind hom- of haarself skuldig maak aan kriminele gedrag, of dreig met of betrokke is by gedrag wat ek as gevaarlik of potensieel skadelik beskou.

4. Mediese fondse benodig 'n diagnose voordat hulle 'n sielkundige se rekening sal betaal. 'n Diagnose-kode rakende die intervensies sal dus aan u mediese fonds bekend gemaak word. Sou u weier dat ek die nodige inligting aan u fonds verskaf, kan dit daartoe lei dat die fonds weier om die rekening namens u te betaal. U word dus versoek om my in kennis te stel van u weiering in hierdie verband voordat die diens gelewer word en/of die eis gemaak word.

5. Mediese rekords word in harde kopie (klientlêer) en in elektroniese formaat op my persoonlike rekenaar gehou.

6. Die ontvangsdame sal u naam, kontakbesonderhede, ID-nommer en mediese fonds inligting ontvang om 'n lêer vir u kind te open, afsprake te bestuur en die rekening te hanteer. Dit kan gedoen word met behulp van Gmail (Google LLC / Alphabet Inc.)

Wat is die fooie en hoe betaal ek?

Dr Annalize se praktyk is geregistreer by die Board of Healthcare Funders (BHF) en aanvaar mediese fonds betalings. Sessies word teen mediese fonds tariewe gehef en Dr Annalize Green se praktyk hanteer die rekeninge.

As u nie lid is van 'n mediese fonds nie, moet die konsultasies op die dag van die konsultasie kontant betaal word. Privaat fooie beloop R950 vir 50-60 minute voor die lewering van dienste. voor die lewering van dienste

'n Finansiële kontrak sal aan u gestuur word wanneer u 'n afspraak maak.

Kansellasie beleid?

Afsprake wat u nie kan nakom nie, moet minstens 24 uur voor die tyd of ten minste 24 uur voor die aanvang van die konsultasie gekanselleer word. Uitsonderings sal slegs in uiterste gevalle of noodgevalle gemaak word. Mediese fondse betaal nie vir 'n afspraak wat nie nagekom word nie, met die gevolg dat die persoon wat aangedui is as verantwoordelik vir die rekening, persoonlik daarvoor aanspreeklik gehou sal word.

afAfrikaans