Kostes & afsprake
Konsultasie tariewe
Let daarop dat fooie per sessie bepaal word volgens die voorgestelde tariewe deur die Board of Healthcare Funders (BHF).
Tariewe vir mediese fondse
- As u 'n Mediese fonds het, kan ek direk van u mediese fonds eis.
- Let daarop dat verskillende Mediese fondse verskillende tariewe vir sielkundige dienste het.
- Dit is u verantwoordelikheid om seker te maak of u mediese fonds en die plan wat u gebruik, wel Opvoedkundige Sielkundige dienste dek en of daar voordele beskikbaar is.
- As u mediese fondsvoordeel of besparing uitgeput is, is u verantwoordelik vir die betaling van die sessies.
Kontanttariewe
- Standaard sessie: R 1 350-00 vir 51-60 minute sessies.
- EFT-betalings word aanvaar en die bewys van betaling met u naam en van as verwysing moet op die dag van die sessie per e-pos aan reception@annalizegreen.com gestuur word.
- Krediet- en debietkaartfasiliteite is beskikbaar.
- Geen tjeks word aanvaar nie.
- Assesserings kan tussen 2-4 ure wissel met een addisionele invoer gesprek en een addisionele terugvoersessie. Raadpleeg die aantal ure wat die assessering wat u benodig sal neem. Tariewe geld per uur.

